Fanie van der Schyff - Klankoordenking 3-19
Prediker 11: 1 - 6 https://youtu.be/rvI1XaA5sKM
Chris de Beer - Klankoordening 3-18
Prediker 10: 16-20 https://youtu.be/ZyE0CN_oN94
Dr Douw Breed - Vrede van God wanneer jy, gestroop van jou steunpilare, weerloos is.
27 September 2020. Lees Psalm 3. Teks: vers 4. Prediker: Dr. Douw Breed Vrede van God wanneer jy, gestroop van jou steunpilare, weerloos is. 1. Weerloos, gestroop van jou steunpilare Ons besef nie altyd hoe wankelrig die pilare is waarop ons in hierdie lewe steun nie. Hoe het die pandemie ons nie van soveel sekerhede gestroop nie! Ook in ons persoonlike lewe word ons soms gestroop van die pilare waarop ons steun. Dawid het hierdie intuimeling van sy steunpilare intens beleef. Sy eie seun het die harte van mense gewen en ‘n opstand teen Dawid gelei. Dawid moes uit die stad vlug. ‘n Mens beleef eintlik hoe hy gestroop word van alles wanneer hy drie keer in Psalm 3 na die getalle-opbou teen hom verwys (verse 2-3). Die groeiende sekerheid by mense dat God hom aan sy eie lot oor gelaat het, het hom die hardste getref (vers 3b.) 2. Om gestroop en weerloos steeds te sien Dawid getuig in Psalm 3 egter nie net van sy weerloosheid nie. Deur die Gees gelei kan hy “stroomop” weet en duidelik bely. Hy wat weerloos moes vlug, weet en bely die HERE as sy skild – ‘n duisend maal beter skild as die skild wat hy in al sy gevegte gebruik het. Hy, die een wie se koninklike heerlikheid nou aan iemand anders (Absolom) behoort, het ‘n koninklike heerlikheid wat nie met woorde beskryf kan word nie. Die HERE is sy heerlikheid! Hy wat saam met sy manne met hulle koppe toegegooi uit Jerusalem moes vlug (2 Sam. 15:30), kan getuig dat die HERE sy kop optel. Gelowige, sien jy wat Dawid gesien het? Weet jy “stroomop” en bely jy midde in jou weerloosheid? Ons Verlosser het geen skild gehad wat Hom van alle kante beskerm nie. Sy koninklike heerlikheid was in sy godverlatenheid totaal verborge. In die verskrikking van goddelike oordeel kon Hy nie daar aan die kruis eers sy gesig verberg nie. As jy in geloof aan hierdie Verlosser verbind is, weet dan stroomop en bely dan duidelik wanneer jy gestroop word van steunpilare. Weet en bely dat die HERE jou skild en jou heerlikheid is en dat Hy jou kop optel. 3. God se vrede vir hulle wat sien Dit is opvallend hoe alles, nadat Dawid deur die Heilige Gees stroomop begin dink en duidelik bely het, verander. Kyk waarvan getuig hy in verse 5-9: - Al het baie met sekerheid gesê: “By God is daar vir hom geen redding nie”, kyk Dawid in geloof na die heilige berg. Hy kyk nie vas teen Absolom wat daar regeer nie. Met geloofsoë sien hy die ark wat hy na Sion laat neem het (2 Sam. 15:25). Hy sien God teenwoordig by sy volk en weet God het hom nie aan sy lot oorgelaat nie. Dawid weet dat God hom van die heilige berg af verhoor (vers 5). Vandaar waar Jesus Christus is, word ek verhoor. - Terwyl Dawid vlug, is slaap eintlik buite die kwessie. Dawid getuig dat hy kon slaap. Hy het homself immers in gebed aan die Here toevertrou (vers 6). Staan jy ook vars op in die oggend, gelowige? - Dat Dawid in doodsgevaar was, was ‘n feit. Tienduisende manskappe het op hom jag gemaak. Hy ontken nie die gevaar waarin hy verkeer nie. Hy verdryf egter die vrees met die sekerheid dat die HERE sy skild is (vers 7). Gelowige, moenie realiteite ontken nie, maar moet ook nie dat vrees jou as kind van God verlam nie. - Dawid se hoop is nie om maar net te oorleef nie. Let op: hy bid vir oorwinning. Hy weet Wie het beheer, Wie bepaal alles en wat die einde is van hulle wat teen God se plan in opstand is (vers 8-9). Waarvan getuig dit waarop jy hoop, gelowige? https://youtu.be/tSJkOtapfaI
Jacques Tredoux - Klankoordenking 3-17
Prediker 9: 13 - 10: 15 https://youtu.be/X8eErsDHTRw
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 3-15 & 16
Prediker 8: 1 - 16 & 9: 1 - 12 https://youtu.be/u2-Qd6dhyVs
Fanie van der Schyff - Lentetee
In Covid beperkings moet ons 'n virtuele lentetee aanbied. Fanie van der Schyff bied 'n kort boodskap van bemoediging. Groete Gereformeerde kerk Brooklyn https://youtu.be/FL5vHKNpGn0
Jacques Tredoux - Alles vergaan, maar U bly dieselfde...
Ons leef in 'n tydelike wêreld waar alles uiteindelik vergaan. Dit wat vir mense betekenis, vreugde en vervulling bring, word mettertyd van ons weggeneem, partykeer selfs in 'n oogwink. Behoort dit nie 'n bekommernis te wees vir jong ouers wat babatjies in só 'n wêreld moet grootmaak nie? Die Psalmdigter gee vir ons die antwoord - Alles mag dalk vergaan, maar God bly dieselfde... https://youtu.be/YtknYtXEzNw
Jacques Tredoux - Klankoordenking 3-14
Prediker 7: 1-29 https://youtu.be/yi8f1uqdIok
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 3-13
Prediker 5: 17 - 6: 12 https://youtu.be/FeXDO1QJg68 |
Argief
October 2024
KATEGORIE |