Daniël Maritz - Ons Drie-enige God
In die hart van ons Christelike geloof is ons verstaan van wie God is... en in die hart van wie God is, is Sy Drie-eenheid. Spandeer ons nie soms te min tyd aan God se karakter nie? Kom luister Sondagaand na wie God in Sy wese is. https://youtu.be/5XTnCyrBWUM
0 Comments
Jacques Tredoux - Gebroke maar nuut!
Sonde breek ons. Dit breek ons selfvertroue en maak dat ons skuldig voel. Dit breek ons verhouding met God en mense. Dit breek ons blydskap en steel ons lewensvreugde. Koning Dawid was ook op so plek, maar die goeie nuus is dat God hom, en ook vir ons, nie daar nie! In hierdie treffende Psalm sien ons hoe God elkeen van ons weer nuut maak om vreugde in Hom te kan vind... https://youtu.be/qlHxwckO-AI
Fanus Heystek - God se verbond met my
Tydens die Pinksterfees was duisende gedoop en by die kerk van Christus gevoeg. Maar veel heerliker was die beloftes wat hulle toe van God ontvang het. Dit was omvangryke en saligmakende gawes van ons liefdevolle Drie-enige God. Petrus het dit net in kort saamgevat as "vergewing van sondes en die Heilige Gees as gawe". Dit is verruklik om weer oor die wonder van jou doop na te dink. https://youtu.be/KFGKn3pr-hQ
Fanie van der Schyff - My erfenis
More is 24 September ... ons vier Erfenisdag in Suid - Afrika. Dawid van ouds het in Psalm 16 bely: "my erfenis is vir my mooi". Besef jy werklik wat jou erfenis vir jou inhou in die lig van Psalm 16? https://youtu.be/x7MSINZlTms
Fanie van der Schyff - Na aan God se hart
God self getuig dat Dawid Hom na aan die hart lê en dat hy iemand is wat al God se opdragte sou uitvoer. Tog weet ons uit die geskiedenis dat Dawid nie 'n skoon rekord in die lewe gehad het nie ... in teendeel! Waarom sou God dan sê dat Dawid Hom na aan die hart gelê het en wat beteken dit vir jou vir vandag? https://youtu.be/v4bk8h1aSQg
Fanus Heystek - Gedoop in die DOOD van Jesus
In Rom 6 word die doop aan die dood verbind: “ ... almal wat in Christus Jesus gedoop is, is in sy DOOD gedoop” Daarom dat babatjies besprinkel word wat 'n heenwyse is na die bloed van Jesus. God se verbond met Abram (en dus ook met ons) is immers ‘n bloedverbond. Die doop is 'n sakrament en as sulks 'n teken en seël van die verbond. Die tekens (besprinkel met water) verstaan en sien ons, maar waar is die verseëing? https://youtu.be/tnn3PJuynHc
Hardus Lee - Die vryspraak as borsharnas
Ons hoor deesdae so gereeld dat daar verskeie paaie tot verlossing is. Dit is die wekroep van die generasie, glo wat jy wil, bewerk jou eie vryspraak. Tog lees ons iets heeltemal anders in die Bybel rondom die vraagstuk oor vryspraak. Die apostel Paulus noem die vryspraak die borsharnas van die wapenrusting van God. Die borsharnas het ‘n baie belangrike rol gespeel in die uniform van ‘n soldaat. Dit het beskerming gebied vir die belangrikste organe van die soldaat. Dan lees ons in Filippense 3 hoe Paulus verduidelik wat die vryspraak is, saam met die opdrag om bly te wees in die Here. Dit is waarna ons vanaand gaan kyk, na wat vryspraak is, en waarom ons daarin verblyd kan wees. https://youtu.be/BhdyU6mqSjg
Hardus Lee - Die vryspraak as borsharnas
Ons hoor deesdae so gereeld dat daar verskeie paaie tot verlossing is. Dit is die wekroep van die generasie, glo wat jy wil, bewerk jou eie vryspraak. Tog lees ons iets heeltemal anders in die Bybel rondom die vraagstuk oor vryspraak. Die apostel Paulus noem die vryspraak die borsharnas van die wapenrusting van God. Die borsharnas het ‘n baie belangrike rol gespeel in die uniform van ‘n soldaat. Dit het beskerming gebied vir die belangrikste organe van die soldaat. Dan lees ons in Filippense 3 hoe Paulus verduidelik wat die vryspraak is, saam met die opdrag om bly te wees in die Here. Dit is waarna ons vanaand gaan kyk, na wat vryspraak is, en waarom ons daarin verblyd kan wees. https://youtu.be/6OQZlsVz4kY
Fanie van der Schyff - Jesus maak nuut!
Wanneer ons dink aan die tempelreiniging, dan dink ons gewoonlik net aan Jesus wat die geldwolwe uitjaag. Daar het egter soveel meer gebeur by daardie geleentheid ... https://youtu.be/OFNl5inJMYY
Marinus Wiechers - Begrafnis
https://youtu.be/9mvEWvHI4WY |
Argief
October 2024
KATEGORIE |