Jacques Tredoux - Krip tot Kroon: Jesus se intog in Jerusalem
Met Jesus se intog in Jerusalem, vra die mense in die stad hierdie lewensbelangrike vraag: Wie is hierdie man? In ons reeks oor Jesus se lewe, kom ons al nader aan die antwoord op hierdie belangrike vraag... https://youtu.be/yPedtNxW1g8
0 Comments
Fanie van der Schyff - Hosanna
Hosanna ... loof ons Here en prys Hom! As ons aan die boodskap van lof in Psalm 100 luister, en aan die skare wat met Jesus se intog na Jerusalem op 'n donkie "Hosanna" uitroep, en ons dink saam met dit aan ons Here se verbondsbeloftes aan 'n verbondskindjie wat vandag gedoop word, dan kan ook ons nie anders nie as om uit te roep : "Erken dat die Here God is" (Ps 100:3a). https://youtu.be/Uc7QhhHHou4
Fanie van der Schyff - Ons Here Jesus se heerlikheid!
Jesus kondig, tot ontsteltenis van sy dissipels, Sy lyding aan ... Sy lyding tot die dood. Dit was die een kant van die muntstuk. Die ander kant van die muntstuk is Sy verheerliking, waarvan drie dissipels getuies was. Wat beteken hierdie gebeure vir jou / my vandag? https://youtu.be/RenlwPzlb6c
Jacques Tredoux - Van krip tot kroon: Jesus se verheerliking op die berg
Hoewel Jesus se lewe op aarde hoofsaaklik deur lyding en swaarkry gekenmerk is, was daar ook tye wanneer sy koninklike heerlikheid sigbaar geword het. Hierdie bekende verhaal van sy verheerliking is een so moment. In ons lewe sien ons ook soms, te midde van baie swaarkry en moeilike tye, iets van die heerlikheid van God se koninkryk skyn... In ons reeks oor die groot gebeure in Jesus se lewe, staan ons vandag hier stil. https://youtu.be/BkX6aEPW5qw
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-17
Ons Here Jesus in die boek van Rut https://youtu.be/_ACRDnKjlYY
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-16
Kosbare woord van God - Rut https://youtu.be/ZdfBVT9iBGM
Peet Vermeulen - Gelukkig is die...
Almal wil graag gelukkig wees. Kom ons kyk wie is die gelukkig volgens Jesus. Ware geluk is nie afhanklik van jou tydelike aardse omstandighede nie. Dit is in skrille kontras met ons wat geluk soek in besit, of die dinge wat ons bereik of doen. Hier op aarde glo ons geld wat stom is maak reg wat krom nie. Dit is in skrille kontras met die Woord van God. Om geluk in aardse dinge te soek is soos om "die Lewende by die dooies te soek" https://youtu.be/LwxrSi9L8Wc
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-14
Die kosbare Woord van God - Rigters https://youtu.be/rQkIzd2r6GY |
Argief
September 2024
KATEGORIE |