Jacques Tredoux - Bid sonder skaamte, sonder ophou en met volle vertroue
Enige gesprek het 2 belangrike elemente: Wat gesê word – dit is die inhoud van ‘n gesprek. Hoe dit gesê word – dit is die gesindheid van ‘n gesprek. In Lukas 11 leer Jesus vir ons hoe ons gesprekke met God behoort te wees. Die bekende “Onse Vader” gebed leer vir ons wat ons behoort te sê, maar wat ons soms vergeet is met watter gesindheid ons moet bid. Dit leer Jesus vir ons deur drie kort gelykenisse... https://youtu.be/rom0SN4B5Ok
0 Comments
Jacques Tredoux - Die teken van God se goedheid
Dit is ongelukkig die realiteit dat daar baie verskille onder gelowiges oor die doop is. Moet ons kinders doop, of eers mense wat tot bekering kom? Is onderdompeling of besprinkeling die regte manier? Word almal wat gedoop is gered? Hierdie vrae wat ons almal al gehoor het, en soms moeilik vind om te antwoord. Ons het vandag die voorreg om 'n doop te beleef en daarom gaan ons saam dink oor wat die doop vir ons beteken... https://youtu.be/RNcQTr5ESP8
Jacques Tredoux - Die groot geloofstoets
In hierdie bekende gedeelte kom die Satan voor God met 'n verskriklike aanklag teen Job - Job is nie opreg nie! Hy dien God met verkeerde motiewe! Natuurlik moet hierdie aantygings getoets word... Die vraag is nou - hoe sal ek en jy vaar met hierdie groot geloofstoets? https://youtu.be/f7H1U7O7hio
Fanie van der Schyff - Ons Koning se 'manifesto' (2)
Ons Here alleen is Koning ... Sy Naam word bo alles geëer. In die tweede bede leer Jesus ons bid: "Laat U koninkryk kom". Dalk, belangriker as die vraag hoe God se koninkryk funksioneer, is die vraag hoe ek binne God se koninkryk lewe. https://youtu.be/tt5E2PH7bno
Daniël Maritz - Die God wie is
Die bekende filosoof Friederich Nietszhe het in die 19de eeu gesê "God is dood!" Hiermee het hy bedoel dat God nie bestaan nie. En so het die moderne debat oor die bestaan van God posgevat. Kom luister Sondag wat Paulus in Romeine 1 hieroor te sê het en hoekom hy dink God inderdaad bestaan. https://youtu.be/JsSY0igTs_g
Fanie van der Schyff - Ons Koning se 'manifesto'
Met die verkiesing op hande, lees ons op elke tweede lamppaal van een of ander politieke party se 'manifesto'. Ons Koning het ook 'n manifes (of beleidsverkalring) van hoe Hy wil hê ons in ons verhouding met Hom moet lewe. Jesus leer ons dit in besonder in die 'Onse Vader'. Hy wys ons bo alles daarop dat ons Koning ons Vader is. https://youtu.be/ArWsaoAoT84
Jacques Tredoux - Geloof, vergifnis en vriende
Hier in Markus 2 maak Jesus sy Koningskap op 'n baie besonderse manier aan ons bekend - Hy is Koning oor 'n mens se fisiese welstand en ook oor 'n mens se geestelike welstand. Maar wat is die rol wat vriende in ons welstand speel? En wat is werklik die belangrikste vir Jesus? Vanaand kyk ons na hierdie treffende verhaal oor geloof, vergifnis en vriende... https://youtu.be/Ekp16xSWXOk
Fanie van der Schyff - Ons Koning is Regter
Ons Here is die Koning van alle konings. Hy heers oor alles en almal. Aan sy koningskap is daar geen einde nie. Hy is as Koning ook Regter wat regverdig oor alles en almal oordeel. Ons almal sal ook eendag voor die Hemel Regter moet verskyn. Is jy gereed daarvoor? https://youtu.be/dO_zIEgxKRk
Fanie van der Schyff - Want ek WIL ...
In hierdie lewe is daar talle dinge wat ons (met goeie rede) graag WIL doen. Dat ons die goeie WIL doen, is genadewerk deur die Heilige Gees. Ons elkeen moet egter soos 'n Paulus van ouds bely dat ons so dikwels nie doen wat ons graag WIL doen nie. Die vraag aan ons elkeen is: ' Hoe lyk my dankbaarheidslewe regtig?' https://youtu.be/i7RnntGw_yQ
Fanie van der Schyff - Want ek MOET ...
In hierdie lewe is daar talle dinge wat ons (met goeie rede) MOET doen. Ons Here God, die ewige Koning, is die Oppergesag van alle dinge wat volgens Sy wil moet gebeur. die vraag aan ons elkee is: 'In hoe 'n mate steur ek my werklik aan die wil van ons Here?' https://youtu.be/3A368OX0vBU |
Argief
October 2024
KATEGORIE |