Ds Danie Snyman - Die Verlosser verkwik vermoeides met sy woorde
Die Verlosser wat God vir die wêreld belowe het, is Een wat sielsmoeë mense opbeur. Hy doen dit met woorde wat Hy by die Een wat Hom gestuur het, gekry het. Omdat sy woorde nooit hul opbeurwaarde verloor nie, is Hy ook ons Verkwikker. http://youtu.be/9MJbCjQqwNM
0 Comments
Chris de Beer - God se A span
In Genesis lees ons hoe die sondeval gebeur en dinge uitmekaar begin val het. Tog werk God met `n plan, want Hy kies vir Hom `n A span. http://youtu.be/fCOF0PqZ9Wg
Chris de Beer - Proe God se goedheid
Ons gaan vanaand nagmaal vier en wil graag God se goedheid proe. Om dit reg te kry gaan ons stilstaan by `n paar etes in die Bybel. http://youtu.be/gM4ujb6q4M4
Fanie van der Schyff - Gee vir mekaar aan
Met die instelling van die Nagmaal, het Jesus brood en wyn aan sy dissipels uitgedeel saam met drie opdragte: * Gebruik dit * Gedenk en glo * Gee vir mekaar aan Wat beteken dit vir ons wanneer ons vandag Nagmaal gebruik? http://youtu.be/z7I8XhiJgmo
Chris de Beer - Loof God, Hy sorg!
God is so wonderlik en goed. Hy sorg vir ons selfs in die moeilikste omstandighede. Kom luister saam hoe die Here vir ons `n toevlug is, ook in tye van nood. http://youtu.be/MraZhPzq7lk
Chris de Beer - Loof God, Hy sorg!
God is so wonderlik en goed. Hy sorg vir ons selfs in die moeilikste omstandighede. Kom luister saam hoe die Here vir ons `n toevlug is, ook in tye van nood. http://youtu.be/dNB3SipjVNE
Fanie van der Schyff - Gedenkdiens - Dr. Colin Cameron
Voormalige Direkteur-Generaal van Omgewingsake en ook voorheen verbonde aan Onderstepoort. Gedenkdiens Woensdag, 10 Augustus 2016 om 12:00 vanuit die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn in Duxburyweg 174 http://youtu.be/elOBsdlBHQU
Chris de Beer - Groei in ons erediens
Die erediens is `n baie belangrike deel van ons geloofslewe. Ons gaan vanaand luister hoe ons daarin kan groei. http://youtu.be/uUlyNWt5LWs
Fanie van der Schyff - Sing van God se genade!
Israel was 'n singende volk. Hulle het gesing van God se grootheid en wonders. Hulle het gesing op feeste. Hulle het gesing by geboortes en by die graf. Hulle het gesing van die ewige lewe.Sing vandag nog steeds met jou hele hart tot eer van ons Here. Sing vandag nog van genade! http://youtu.be/VDNiitczfXg |
Argief
October 2024
KATEGORIE |