Fanus Heystek - Ken en lééf jy die koninkryk?
Na die bruilof te Kana gaan Jesus oor tot voltydse bediening. Hy begin by Galilea: deurkruis die gebied; maak gebruik van hulle sinagoges; leer, verkondig en genees. http://youtu.be/RTBNI3zIVFE
0 Comments
Johann le Roux - Ons identiteit laat ons vreugde beleef, ondanks lyding
Petrus bemoedig die gelowiges in die vreemde, waar hulle uitlanders en ongewensde immigrante was, deur hulle aan hulle identiteit te herinner. Hulle is uitverkorenes van God, afgesonder deur die Heilige Gees en besprinkel met die bloed van Jesus Christus. Hulle is wedergeborenes wat ’n lewende hoop het op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis. Die erfenis word vir hulle bewaar en hulle wat glo word vir die erfenis bewaar. Hierdie identiteit en gevolglike toekomsverwagting laat hulle moed hou tydens beproewings wat hoofsaaklik bestaan het uit verontregting en selfs vervolging. Hieruit leer ons dat ons identiteit bepaal hoe ons na beproewings behoort te kyk. Ons identiteit as kinders van God gee ons die regte perspektief om onder beproewings staande te kan bly. http://youtu.be/tNYDzKPs7MI
Johann le Roux - Gebedsverhoring is soms JA, soms NEE en soms WAG EERS
Gebed speel ’n belangrike rol in elke Christen se lewe, of so behoort dit te wees, aangesien gebed die belangrikste deel van ons dankbaarheidslewe is. Maar word ons gebede verhoor? Dit is veral die vraag wanneer ons nie ontvang wat ons vra, soos ons dit vra en wanneer ons dit vra nie. Gebedsverhoring is soms JA. Dit was die geval met Hanna wat vir ’n seun gevra het en een ontvang het. Gebedsverhoring is soms NEE soos die geval was met Paulus wat gevra het dat die doring in sy vlees weggeneem word. Gebedsverhoring is soms WAG EERS soos die geval met Moses was wat die voltooing van die tydelike verlossingswerk van die volk wou beleef, maar uiteindelik getuie was van die ewige verlossingswerk deur Jesus Christus op die berg van verheerliking. http://youtu.be/qqnoI2EaZBA
Die storie agter die nuwe kanselkleed
http://youtu.be/69q6V-QNKDs
Kerkgroei deel 5 - Toerus: die Spelpatroon (Chris de Beer)
Ons is besig om te fokus op God se missie. In hierdie missie gee die Here vir sy volgelinge `n bepaalde spelpatroon. Kom luister na hoe hierdie spelpatroon jou lewe verander! http://youtu.be/X40e4uUd2lQ
Chris de Beer - Die spelpatroon
Ons is besig om te fokus op God se missie. In hierdie missie gee die Here vir sy volgelinge `n bepaalde spelpatroon. Kom luister na hoe hierdie spelpatroon jou lewe verander! http://youtu.be/aaN1jT-F_ZI
Fanie van der Schyff - Groei in Christus
As ek dink aan God se liefde vir my, kan ek nie anders as om in gebed voor die Vader te kniel en te smeek: * Mag ek mmer en meer krag ontvang om innerlik sterk te word; * Mag ek meer en meer in staat wees om U oorweldigende liefde te begryp * Mag ek met U volheid vervul word So lyk 'n gebed om geestelik groei! http://youtu.be/MVuPaJpClas
Kerkgroei deel 4 - Groei: Groei in Christus (Fanie van der Schyff)
As ek dink aan God se liefde vir my, kan ek nie anders as om in gebed voor die Vader te kniel en te smeek: * Mag ek mmer en meer krag ontvang om innerlik sterk te word; * Mag ek meer en meer in staat wees om U oorweldigende liefde te begryp * Mag ek met U volheid vervul word So lyk 'n gebed om geestelik groei! http://youtu.be/elv3doPB0Ao
Kerkgroei deel 3 - Gebed: Die dankbare gebed (Chris de Beer)
Ons is besig om te fokus op die missie van God. Hierdie week staan ons stil by gebed. Kon luister vanaand en leer hoe om vir ander te bid. http://youtu.be/90FgVXjBR-Q
Kerkgroei deel 1 - Die missie van God: Missio Dei (Chris de Beer)
Ons begin vandag `n fokus tydperk wat gaan oor "God se missie." In Lukas 4 lees ons van hierdie missie en hoe dit ons lewe verander! http://youtu.be/FpY6OhBGArI |
Argief
October 2024
KATEGORIE |