Chris de Beer - Die verlore stories
Goeie Vrydag is `n baie groot dag vir almal wat Jesus volg. Vanoggend gaan ons stilstaan by `n paar stories van daardie Vrydag jare gelede wat so stilweg verlore geraak het. https://youtu.be/kslSCPbShGY
0 Comments
Chris de Beer - Die Charismata
Weet jy wat is jou gawes en is jy besig om daarmee te dien? Kom luister vanaand na hoe belangrik dit vir `n gelowige is om hierdie vraag te beantwoord. https://youtu.be/pHBkL_SdARw
Fanie van der Schyff - Ons Here heers!
"Want aan U behoort die koninkryk en die krag en heerlikheid tot in ewigheid. Amen" Buig jy jou voor die Koning van alle konings, leef jy in die oormag van sy almag en lewe jy in alles kinderlik tot Sy eer? https://youtu.be/ZRvwBBnuhNo
Fanus Heystek - Van oordeelsdag tot Bruilofsfees
By al die profete van die Ou Testament kry jy strafaankondigings, maar met 'n deur van hoop wat oopbly. Sefanja profeteer egter die totale vernietiging van lewe op aarde - selfs van die visse en voëls. Hy begin dus by die oordeelsdag. Maar verbasend en verrassend eindig hy by vreugde in die hemel oor die kinders van God. https://youtu.be/ELixv6A9Jx0
Fanus Heystek - Van oordeelsdag tot Bruilofsfees
By al die profete van die Ou Testament kry jy strafaankondigings, maar met 'n deur van hoop wat oopbly. Sefanja profeteer egter die totale vernietiging van lewe op aarde - selfs van die visse en voëls. Hy begin dus by die oordeelsdag. Maar verbasend en verrassend eindig hy by vreugde in die hemel oor die kinders van God. https://youtu.be/QAHnBQQm0JM
Fanie van der Schyff - God se keuse
Samuel is deur ons Here gestuur om 'n nuwe koning vir Israel aan te wys. Hy het op grond van voorkoms en menslike bekwaamhede in sy gedagtes keuses gemaak oor wie hy gedink het die nuwe koning moes wees ... net om uiteindelik te besef dat dit die Here God self was wat Dawid as koning gekies het. Hy weet altyd die beste! https://youtu.be/5TKZBlqIhes
Daniël Maritz - Mag God ons krag gee om te vernuwe en te begryp
Ons kyk vir oulaas saam na een van die apostel Paulus se gebede. Hierdie keer kyk ons na wat dit beteken om te bid vir vernuwing en begrip.. https://youtu.be/Zn93MeD5KNw
Daniël Maritz - Mag God die bediening van Sy Woord seën
Ons staan vandag stil by nog een van Paulus se gebede. Verlede kon ons waarevolle gebedslesse by die apostel leer. Hierdie keer gaan ons leer wat dit beteken om vir die bediening van God se Woord te bid. https://youtu.be/kLmwMqnjwbc
Fanie van der Schyff - Verryk jou geloof
Ons Here skenk aan ons geloof ... dit is Sy bewys van liefde aan ons. Ons het die opdrag om ons geloof te verryk met sewe dinge: deugsaamheid, kennis, selfbeheersing, volharding, Godsvrug, liefde vir mekaar en liefde vir die wêreld. Ons het ook nodig om mekaar daaraan te herinner. Nagmaal is ons Here se sakrament van herinnering aan wie Hy vir ons is. Ons vier dit vanoggend met dankbaarheid! https://youtu.be/SPSavmi9eg8 |
Argief
June 2024
KATEGORIE |