Fanus Heystek - God het die vinger op die pols
Waaroor handel die boek Miga? Watter worstelinge sal my na hierdie boek laat gryp? Wel, in kort is dit: God het die vinger op die pols in elke land en politieke bedeling. https://youtu.be/PIm79YYK5KU
0 Comments
Chris de Beer - Eensaam
Ons leef in `n tegnologiese era waar mense mekaar op verskeie vlakke kan bereik. Daar is selfone, eposse, sosiale media en nog talle meer, maar dit wil voorkom of baie mense steeds eensaam is. Kom luister gerus na God se antwoord hierop. https://youtu.be/z9HyZsGM5Tg
Anton en Cato se groot dag!
Die trouseremonie van Cato Cilliers en Anton Barnard. https://youtu.be/RhnHJU0mT54
Chris de Beer - Die Charismata
Weet jy wat is jou gawes? Kom luister vanaand wat die Bybel ons alles leer rondom die gawes van die Gees. https://youtu.be/AJEWP3SA5y0
Fanus Heystek - Wees bly en wees positief
Paulus is in die tronk en raak al hoe meer neerslagtig - in so 'n mate dat hy liewer wil sterf. Uiteindelik word hierdie sy blydskapsbrief. Hoe het dit gebeur? Hoe staan 'n mens sò positief van 'n ashoop uit op? Vir almal wat deur trauma en stryd gaan, is hierdie 'n brief om jou tot nuwe en positiewe insigte te lei. https://youtu.be/2eK17WfOarM
Chris de Beer- Gaan uit!
Daar is `n storielyn dwarsdeur die Bybel wat opgesom kan word met die woorde "Gaan uit!". Kom luister gerus vanaand na hierdie aangrypende verhaal. https://youtu.be/g7wr-2Yn9Ac
Johann le Roux - Volg in die spore van ons Herder met betrekking tot gesagsdraers
Petrus moedig sy lesers aan om in die voetspore van Jesus Christus, ons Herder en Bewaker te loop. In ons teksgedeelte dui dit nie op algemene heiligmaking nie. Petrus spits die aanmoediging spesifiek toe op hoe ons teenoor gesagsdraers moet optree. Hy gebruik ter illustrasie dit wat sy lesers beleef het. Hulle was vreemdelinge en hoofsaaklik bediendes met geen regte nie. Van die gesagsdraers, die Romeinse owerheid ingesluit, het hulle baie onredelik behandel en verontreg. ’n Mens se sondige natuur dring dan tot opstandigheid. Vier spore van Jesus word dan uitgewys waarin ons moet volg: • Geen leuens nie • Nie terug beledig nie • Nie dreig nie • Laat die oordeel aan God oor. https://youtu.be/FKuMarPoMDs
Chris de Beer - Die tempel van God
Ons vier vanaand nagmaal! Kom luister hoe die tempel van God ons siening van nagmaal verdiep. https://youtu.be/QjzjX-JQRMI
Fanie vd Schijff- Sing van genade
"Ek ontvang die brood en beker as tekens van U trou. Ek sal sing want ek weet seker dat U liefde my ontvou" (Sk 17-3:2b) Ons sing vandag van die genade van ons verlossing. Ons sing ook van die genade van ons Here se hand in die lewe van besondere kinders. Sing met jou hele hart van genade! https://youtu.be/LWoYg-ZSG5s |
Argief
September 2024
KATEGORIE |