Fanie van der Schyff - Kies die lewe
Geloof is 'n ernistige saak. Ons bely in die Dordtse Leerreëls 3/4:8 "Almal wat deur die evangelie geroep word, word in alle erns geroep. Want in alle erns en waarheid betuig God in sy Woord wat sy wil is: Die geroepenes moet na Hom toe kom". Kies dan die lewe! http://youtu.be/633P-LBuK4Y
0 Comments
Fanie van der Schyff - Kies die lewe
Geloof is 'n ernistige saak. Ons bely in die Dordtse Leerreëls 3/4:8 "Almal wat deur die evangelie geroep word, word in alle erns geroep. Want in alle erns en waarheid betuig God in sy Woord wat sy wil is: Die geroepenes moet na Hom toe kom". Kies dan die lewe! http://youtu.be/29obepRd-iI
Fanus Heystek - Die waarde van betroubare getuienis
In die plek van Judas word iemand gekies wat 'n ooggetuie moes wees van wat alles met Jesus gebeur het. Die klem val hier baie sterk op betroubare getuienis. Maar Lukas se getuienis kom self onder verdenking as hy beweer dat Judas self die grond gekoop het. Matteus daarteenoor sê dat Judas die geld in die tempel gaan gooi het. Hoe seker kan ons wees oor die feite in die Bybel en hoe betroubaar gaan ons uitdra van die Evangelie dan wees? http://youtu.be/fDfheH2h_Ng
Fanus Heystek - Die liefde van Jonatan en Dawid
Wat was die aard van hul liefde? Was hulle ewe oud? Het die liefde van albei gekom of eintlik net van een? Wat was die wese van die liefde en hoe het die Bybelskrywers dit gesien? Is daar vir ons iets te leer hieruit? http://youtu.be/E8NQKjQxQDY
Fanus Heystek - Die liefde van Jonatan en Dawid
Wat was die aard van hul liefde? Was hulle ewe oud? Het die liefde van albei gekom of eintlik net van een? Wat was die wese van die liefde en hoe het die Bybelskrywers dit gesien? Is daar vir ons iets te leer hieruit? http://youtu.be/2ZVhgQOSv0g
Hanno van Schaik - Jesus ons Hoof, is Here: oor alles; vir altyd
Dinge voel dikwels uit plek in ons lewens – asof chaos heers. Ons beleef onrus en onsekerheid. Waarheen gaan die toekoms met ons? In Kolossense 1:15-20 hoor ons dat ons hoof, Here is oor die ganse werklikheid. Hy het alles weer in hulle regte plek kom sit, en sal dit vir ewig daar hou! http://youtu.be/wDLnGz3OfyM
Fanie van der Schyff - Aangee en ontvang
Jeus noem Homself in Johannes 6, na die wonder van die vermeerdering van brood en vis (:1-15), die "Brood van die lewe" (:35). Hy gee daarmee saam ook 'n duidelike opdrag: 'Kom na My toe, dan sal jy nooit weer honger kry nie'. Daarna verduidelik Hy hoe om by Hom te kom. Die Jode het Jesus se woorde nie verstaan nie ... verstaan jy dit? http://youtu.be/C3l0ghVgmjk
Fanie van der Schyff - Ons is oorwinnaars
Oproeriges veg vir “fee’s must fall’! Die wyse waarop dit geskied, bring spanning en boesem by talle mense vrees in. Agter oproerige skares is daar magte wat aanspraak maak op ‘n oorwinning: Ons is besig om universiteite op hul knieë te dwing. Ons…ons roep uit: “ Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars…” (Psalm 8:37) http://youtu.be/OBHtTMmOFnc Hanno van Schaik - Die Here herinner ons aan Sy trou sodat ons vir Hóm lewe en die wêreld voor Hom9/10/2016
Hanno van Schaik - Die Here herinner ons aan Sy trou, sodat ons vir Hóm lewe en die wêreld voor Hom
Ons doen tog baie moeite om te onthou, nie waar nie?! DIt is juis omdat ons verlede vir ons belangrik is - dit bepaal wie ons is. Die Here herinner ons aan Sy geskiedenis met ons - Hy wil he ons moet Sy trou aan ons onthou. Wanneer ons Sy trou onthou, begin ons om in alles vir Hom te leef. Wanneer die wereld sy trou dan in ons sien, begin dit voor Hom te beef. http://youtu.be/9aQ0BlH6vaY
Fanus Heystek - Wil jy vir die Here iets doen?
Dawid wou vir die Here 'n huis ('n waardige tuiste vir die ark) bou. Dit is so vanselfsprekend dat die profeet dadelik saamstem - tot die Here daardie nag die profeet terugstuur na Dawid met 'n boodskap, 'n verstommende boodskap. http://youtu.be/HAubhz81INg |
Argief
October 2024
KATEGORIE |