Chris de Beer - Imago Dei
Ons is besig met `n reeks oor Imago Dei. Vanaand gaan ons uitvind hoe Jesus, as die Imago Dei, ons hele lewe verander! http://youtu.be/1iS2NDaZhE0
0 Comments
Johann le Roux - Groei binne jou Christelike identiteit deur daaglikse bekering
Petrus bemoedig sy lesers wat gedurig verontreg word omdat hulle as ongewenste immigrate beskou is. Sy bemoediging begin met die beklemtoning van hulle identiteit wat hulle deur wedergeboorte ontvang het. Daarom het hulle hoop. In 1 Petr 2:1-3 moedig hy sy lesers aan om na die Woord van God te smag soos ’n baba na moedersmelk. Deur die Woord werk die Heilige Gees in ons sodat ons binne ons identiteteit as verlostes groei in ons verhouding met God. Hierdie groei word duidelik deur heligmaking, dit is daaglikse bekering. http://youtu.be/5ht7LAdq7mo
Chris de Beer- Kerssangdiens
http://youtu.be/wtJQsW7tgs0
Fanie van der Schyff - Oorlog in die hemel
Daar word gesê dat geen oorlog in mense heugenis al ooit gewen is nie - slegs veldslae en gevegte. Daar is egter 'n oorlog waarvan ons dikwels vergeet! Dit is die oorlog wat al voor die sondeval in die hemel begin het, steeds voortduur en eers met die eindoordeel voleindig sal word. Dit is 'n oorlog wat sal eindig in 'n klinkklare oorwinning! http://youtu.be/4DJRDxrhOXg
Chris de Beer - Imago Dei
Ons is besig met `n reeks oor Imago Dei (beeld van God). Die mens word geskep as die beeld van God. Dit is wie ons is, bepaal ons identeit en verander ons hele lewe! http://youtu.be/_K7g7FbBD40
Fanie van der Schyff - 'n Skriftelike onderneming
Ons Here God se 'ja' is sy 'ja'. Ons 'ja', selfs met die beste bedoelings, draai so dikwels uit as 'nee'. Ons wat vandag Nagmaal vier, is gebind aan 'n belofte wat ons teenoor ons Here afgelê het. Besef jy nog wat jy regtig teenoor Hom belowe het? http://youtu.be/rGCZquD_TZk
Fanus Heystek - Waarom moet julle die laastes wees?
Nadat Absolom verslaan is, keer Dawid terug na Jerusalem. Op weg daarheen wag baie hom in - elk met sy eie motiewe en gesindheid. Onder hulle is daar die getroues, maar ook skynheiliges, manteldraaiers, kansvatters en diegene wat reken dat hulle in 'n posisie is om met Dawid te onderhandel. http://youtu.be/uv7k517fPRs
Chris de Beer - Die tuine in ons lewe
Meeste van ons hou van tuine. Vanoggend gaan ons lesse leer uit die belangrikste tuine in ons lewe. http://youtu.be/Fya8UqRLqys
Chris de Beer - Die tuine in ons lewe
Meeste van ons hou van tuine. Vanoggend gaan ons lesse leer uit die belangrikste tuine in ons lewe. http://youtu.be/AWwKsZVybuA |
Argief
September 2024
KATEGORIE |