Daniël Maritz - Die Evangelie in 'n neutedop
Dit is Hervormings Sondag en ons gaan stilstaan by een van die tekste wat 'n groot impak op Martin Luther gehad het. Dit was Romeine 1:16-17 waar Paulus vir ons die evangelie in 'n neutedop gee. Kom luister gerus Sondag saam na die evangelie wat vyf eeue terug die Hervorming aan die gang gesit het. https://youtu.be/82qtvmpysvc
0 Comments
Fanie van der Schyff - Brief aan Laodisea
Christus, die 'Amen' deur wie ons geskep is, verklaar: 'Ek ken jou in jou verhouding tot My'. Elkeen van ons moet onsself verantwoord op die vraag: 'Waar staan ek in my verhouding tot God?' Is ek warm, koud of lou in my geloof? https://youtu.be/EcT8RVqVY3Y
Fanie van der Schyff - Brief aan Filadelfia
Deure wat deur ons Here Christus oopgesluit word, kan niemand weer toesluit nie! Hoe raak hierdie belydenis jou roeping as Christen? https://youtu.be/C57y9V_IPEo
Richard Verreynne - God roep jou!
"Hy het ons gered en geroep om aan Hom toegewy te wees" (2 Tm 1:9). Ons is uit genade tot geloof geroep, ons is geroep om toegewyd aan Christus te lewe en ons elkeen is geroep om die Evangelie na buite uit te leef. Maak erns met jou roeping. https://youtu.be/xmbIf-u_wMs
Jacques Tredoux - Geesvervulde burgers van die koninkryk
“Here, is dit nou die tyd dat dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” Hierdie vraag van Jesus se dissipels wys so duidelik wat in baie van ons se harte aangaan: Here, gee vir ons ’n aardse koninkryk! Maar Jesus weier. Sy koninkryk is anders as hierdie wêreld en tog in hierdie wêreld. En die eerste ding wat ons nodig het om in Jesus se koninkryk te leef, is natuurlik sy Gees ... https://youtu.be/RdmLSw6RkeI
Fanie van der Schyff - Brief aan Sardis
Ons Here is nie 'n bysaak nie! https://youtu.be/w62pT5Ts7ok
Fanie van der Schyff - Brief aan Sardis
Ons Here is nie 'n bysaak nie! https://youtu.be/hN4qCiJZMxQ
Fanie van der Schyff - Brief aan Tiatira
In sy brief aan Smirna verwys ons Here Jesus na “die sinagoge van die Satan” en in die brief aan Pergamum na die “troon van die Satan”. In die brief aan Tiatira praat ons Here van die “diep geheimenisse van die Satan” (1983-vertaling) of “die dieptes van die Satan” (1933/53-vertaling). In hierdie beskrywings leer ons Here ons iets oor ons eie verhouding met Hom. https://youtu.be/1z4-L7Hf6k0
Jacques Tredoux - Koningskinders lewe in die lig
Almal van ons is kinders. Nie net van ons eie pa en ma nie, maar ook van die Koning van die heelal! Dit is amper te groot om te verstaan ... Ons is Koningskinders! Dit is natuurlik wonderlik om dit te weet, maar dit beteken ook dat ons moet leef soos koningskinders. Ons moet saam met die Koning van die heelal sy koninkryk uitbrei. En dit kan net gebeur as ons in die LIG lewe ... https://youtu.be/RYbtRXtp0e8 |
Argief
January 2025
KATEGORIE |