Peet Vermeulen - God is kreatief besig
God maak die mens na sy Beeld. Hoe is die mens beeld van God. Tsv die besonderse posisie val die mens in sonde God gryp kreatief in na die sondeval. Hy herskep in Jesus Christus Elkeen wat in Christus glo sal lewe al sterf hy/sy ook Die herskep proses gaan voor wanneer elke gelowige nuut gemaak gaan word vir 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde. Hierdie nuutmaak proses is reeds aan die gang Jy mens is na God se beeld gemaak en is sy verteenwoordiger hier op aarde. Jy moet nou kreatief begin dink en besig raak om heel te maak aan hierdie stukkende skepping. Dit is jou taak en opdrag https://youtu.be/lGGzpaEZHAQ
0 Comments
Marnus Venter - Ons gebed word vervul en gedra deur die Heilige Gees
Die Here Jesus het ons geleer hoe om te bid, maar ons is nie altyd seker waaroor om te bid te nie. Die Skrif wys vir ons daarop dat ons gebed deur die Heilige Gees vervul word en na ons Vader gedra word. Ons leer wie ons is deur gebed en waarvoor ons bid word verander deur wie ons is. Om te bid is om ons Vader te praat omdat dit goed en nodig vir ons is. God het nie ons gebede nodig nie maar verwag en vereis dat ons in gebed tot Hom nader. Om tot God te nader is 'n heilige voorreg en ons kan onsself voorberei vir 'n ware ontmoeting deur selfondersoek en nodige kennis. https://youtu.be/wO4M2VTREj0
Fanie van der Schyff - Dankbaarheidsgeloof
Ons is totaal afhanklik van die Here ons God. Tog moet elkeen van ons erken dat ons soms van Hom net 'n 'Noodgod' maak deurs legs in moeilike tye Hom te soek. Hoe lyk jou persoonlike dankbaarheidsgeloof vandag, 2023? https://youtu.be/TZBfhDxU1IM
Quintin Venter - Christus is jou geregtigheid voor God!
- Die betekenis van geregtigheid - Die basis van geregtigheid - Die ontvang van geregtigheid https://youtu.be/WWBZdnKHoEY
Jacques Tredoux - Woorde van lewe of geweld?
Van Covid-inentings tot Amerikaanse politiek tot Springbok span keuses tot geloof en kerk... Almal het ‘n opinie oor alles en meeste van ons is nie skaam om daardie opinie te lig nie. Die sosiale media omgewing waarin ons leef, maak dit ook baie maklik om jou sê te sê. As christene moet ons egter die vraag vra: Waarvan getuig my woorde? Die boek Spreuke help ons om opnuut weer oor hierdie vraag te dink. https://youtu.be/YdtufydQunM |
Argief
February 2024
KATEGORIE |