Riaan Wattel - Ons is in alles afhanklik van die Here, daarom hou ons altyd aan Hom vas
Jakob is bekend daarvoor dat hy altyd sake in sy eie hande wou neem. In hierdie gedeelte sien ons egter hoe die Here op n treffende wyse vir Jakob wys dat Jakob nie in beheer is nie. God is in beheer. https://youtu.be/JCmGR-Sf3iY
0 Comments
Fanie van der Schyff - Daar is 'n God in die hemel!
Daniël was in ballingskap. God het aan hom buitengewone wysheid gegee om drome te kon uitlê. Koning Nebukadneser het 'n ontstellende droom gehad wat Daniël vir hom uitgelê het. Die kernboodskap wat Nebukadneser moes aanhoor, was: "Daar in 'n God in die hemel ...!" Daardie God is ons God! https://youtu.be/mB_cS8lj9Gg
Jacques Tredoux - Die storie van “die wêreld” se stad
Die Bybel vertel nie net die storie van God se stad (Jerusalem) nie, maar ook van ‘n ander stad. ‘n Stad wat in opstand teen God kom en die teenpool van God se stad is. Babel, ook genoem Babilon, word net soos Jerusalem ‘n simbool van iets dieper as ‘n fisiese stad. Net soos Jerusalem se storie, leer Babel se storie ons ook baie! Veral oor wat in my en jou harte aan die gang is... https://youtu.be/6--fc8V01pE
Daniël Maritz - Die Waarheid, veral die Waarheid oor Jesus
Die stryd tussen die waarheid en die leuen kom al van die sondeval af. Die vraag: Wat is waarheid, is seker die belangrikste vraag wat enigeiemand kan vra, veral die waarheid rondom die persoon en die werk van Jesus. https://youtu.be/Q1I8b7bO9hU
Jacques Tredoux - Die storie van God se stad
Ons het reeds gesien dat Jerusalem en Babel twee stede is wat ‘n baie sterk simboliese betekenis in die Bybel het. In ‘n kort reeks gaan ons bietjie dieper kyk hoe hierdie betekenis in die storie van die Bybel ontvou en wat dit vir ons vandag in Pretoria beteken. Ons begin vanaand met die storie van God se stad – Jerusalem. https://youtu.be/SgeeHHokg4Y
Fanie van der Schyff - God se ballingskap!
Ons lees so maklik oor woorde in die Bybel. In Daniël 1:2a beklemtoon die Heilige Gees dat dit ons Here God self is wat sy volk uitgelewer het in ballingskap! Menslik gesproke klink dit wreed en liefdeloos, maar ons moet leer God is God en Hy is ons God! https://youtu.be/7OeL113-VAU
Fanie van der Schyff - Ballingskap, roeping, hoop!
Ons Here gebruik Jeremia om 'n boodskap van hoop te bring aan die volk Juda, in 'n donker tyd van hulle geskiedenis. Terwyl hulle in ballingskap verkeer, kry hulle die opdrag om die belange van hulle volksmoordenaars te bevorder! Hoe raak daardie opdrag ons lewens vandag, 2024? https://youtu.be/70MT4t57TrU
Jacques Tredoux - Die glorie dae van Jerusalem
Psalm 48 is ‘n loflied wat die glorie dae van Jerusalem besing. Jerusalem is God se stad wat al die ander konings en nasies laat vrees vir hulle lewens! En tog is dit nie die finale prentjie van Jerusalem nie... Hierdie stad is ook uiteindelik verwoes om plek te maak vir ‘n beter Jerusalem. Die vraag is nou: Is die “glorie dae” van Pretoria nie dalk ook besig om plek te maak vir ‘n beter Jerusalem nie? https://youtu.be/nEtEqLkWLeo Christiaan Swanepoel - God het jou in sy handpalms ingegrif sodat jy kan glo en vertrou...22/1/2024
Christiaan Swanepoel - God het jou in sy handpalms ingegrif sodat jy kan glo en vertrou...
Meeste van ons het al ervaar hoe dit voel as iemand jou vergeet. Selfs al doen mense moete om te onthou, ’n merkie op die hand of ’n strikkie om die vinger, mense vergeet. In ons teks sien ons hoe Juda die klag teen God bring dat Hy hulle vergeet het. Hulle sê: “My Heer het my verlaat, my Here het my vergeet”. Juda se klag is verkeerd. God se liefde vir sy kinders is groter as die van selfs ’n moeder. Elkeen van ons is ingegraveer op ons Here se handpalms. Hy sal ons nooit vergeet of verlaat nie. In die jaar wat voorlê wag daar vele onbekendes op ons, maar van een ding is ons seker: My Heer sal my nie verlaat nie, my Here sal my nie vergeet nie. https://youtu.be/7tIwvGGNdl4
Jacques Tredoux - ‘Kies jou vriende!
Die Bybel gebruik twee stede om uit te beeld hoe ‘n wêreld lyk waar mens ongehoorsaam aan God leef (Babel) en ‘n wêreld waar mense in verhouding met God leef (Jerusalem). Die een stad is die beloofde land en die ander die stad van ballingskap. Die vraag is nou – in watter stad leef ons vandag? Ons troos is – maak nie saak of Pretoria “Babel” of “Jerusalem” God het ons hier geplaas en Hy los ons nie alleen nie. https://youtu.be/Y3kYoxFpots |
Argief
February 2024
KATEGORIE |