Jacques Tredoux - ‘n Evangelie-houding teenoor die owerheid
In die laaste hoofstuk van die boek Titus loop ons die baie relevante tema raak: Gehoorsaamheid aan die owerheid. In ‘n groot verkiesingsweek behoort ons as gelowiges mooi te dink oor wat ons houding teenoor die owerheid behoort te wees. https://www.youtube.com/watch?v=f7yRIPPSql4
0 Comments
Fanie van der Schyff - My binnekamer
My Binnekamer, Nagmaal, ons Nasionale verkiesing DV eerskomende Woensdag ... wat het hierdie drie geleenthede in gemeen en wat leer ons Here ons daardeur? https://www.youtube.com/watch?v=FxJD_J_NhHc
Fanie van der Schyff - Jesus huil!
Ons Here Jesus huil ... waarom? https://www.youtube.com/watch?v=Uwrq4ugdEA0
Jacques Tredoux - Die gesonde leer = ‘n gesonde lewe
Ons is besig om te kyk na kenmerke van kerke wat die hoop van Jesus is die stad uitdra. Verlede Sondagaand het ons in hoofstuk 1 van Titus gesien hoe belangrik is Jesus-gesentreerde leierskap in die kerk. Vandag skryf Paulus aan Titus oor een van die groot kwessies: Skynheiligheid! Dit is seker een van die grootste aanklagte teen die kerk. Vanoggend sien ons wat die regstelling hiervoor is... https://www.youtube.com/watch?v=6x5OYXHJfkw
Jacques Tredoux - Leierskap in die kerk
Titus staan bekend as een van die pastorale briewe. Paulus skryf hierdie kort brief aan die leier van ‘n gemeente, Titus, om vir hom riglyne te gee oor hoe ‘n gesonde gemeente moet lyk. Vir die volgende 3 weke gaan ons sien hoe hierdie beginsels vandag nog net so belangrik is vir ons. Vandag kyk ons na die noodsaaklikheid van goeie leierskap in ‘n gemeente. Hoekom is dit nodig en hoe lyk dit? https://www.youtube.com/watch?v=JMQt79nzoPE
Daniël Maritz - Hoe om jou vreemde Bybel te lees
Om jou Bybel te lees is een van die belangrikste dinge vir 'n Christen. Tog kom ons soms te staan tussen verskillende interpretasies van die Bybel. Hoe maak ons sin daarvan en hoe los ons sulke verskille op. Om hierdie vrae te antwoord is dit nodig om stil te staan by die beginsels wat jy moet handhaaf wanneer jy jou Bybel lees. https://www.youtube.com/watch?v=7UfUDgfxhbI
Ammi Pelser - Hemelvaart roep ons op tot groot blydskap!
Jesus het gesê hulle moet nie ontsteld wees nie. Hulle moenie bang wees nie. Want, Hy gaan weg om vir hulle plek gereed te maak. Hy gaan na die Vader toe. En dan kom Hy weer terug. Dit is iets om oor bly te wees. En toe die dissipels daar by Betanië sien hoe Jesus opvaar na die hemel was hulle nie ontsteld nie. Die afskeid was nie swaar nie. Hulle was bly, baie bly. Dit was immers die vervulling van sy woorde aan hulle oor sy hemelvaart. En nog groter blydskap het hulle vervul toe Jesus sy hande ophef. Hy het sy hande opgehef. Dit is die gebaar wat die priester gemaak het. En daarby die woorde van Numeri 6, die woorde van die hoëpriesterlike seën. “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee.” https://www.youtube.com/watch?v=9ppcL04gzwE
Fanie van der Schyff - God lag!
God, daar in die hemel, lag! Waarom? https://www.youtube.com/watch?v=A0jfa0nzbHQ
Theunis Potgieter - Blywende gemeenskap met God laat ons die ewige stad helder sien.
Abram moet wegtrek uit sy land en familie na wie weet waar die Here hom ookal sal lei. God belowe vir Abram ’n groot nasie’ ’n eie land en dat hy 'n seën vir al die volke sal wees. Op hierdie beloftes reageer Abram in geloof (Heb.11:8-10). Deur gereelde offers leef hy met God. Dis juis blywende gemeenskap wat God soek. Hy stuur sy Seun om ons aan Hom te verbind en wil hê ons moet glo dat al sy beloftes in Christus waar sal word. https://www.youtube.com/watch?v=y6C9HR84B88 |
Argief
September 2024
KATEGORIE |