Johann le Roux - Ons identiteit laat ons vreugde beleef, ondanks lyding
Petrus bemoedig die gelowiges in die vreemde, waar hulle uitlanders en ongewensde immigrante was, deur hulle aan hulle identiteit te herinner. Hulle is uitverkorenes van God, afgesonder deur die Heilige Gees en besprinkel met die bloed van Jesus Christus. Hulle is wedergeborenes wat ’n lewende hoop het op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis. Die erfenis word vir hulle bewaar en hulle wat glo word vir die erfenis bewaar. Hierdie identiteit en gevolglike toekomsverwagting laat hulle moed hou tydens beproewings wat hoofsaaklik bestaan het uit verontregting en selfs vervolging. Hieruit leer ons dat ons identiteit bepaal hoe ons na beproewings behoort te kyk. Ons identiteit as kinders van God gee ons die regte perspektief om onder beproewings staande te kan bly. http://youtu.be/tNYDzKPs7MI
0 Comments
Leave a Reply. |
Argief
January 2021
KATEGORIE |