Piet Venter - Jy is nie ʼn sondaar nie, maar ʼn kind van God! Leef soos een!
Hoe dink jy aan jouself as gelowige? Hoe sien jy jouself voor God staan? Sien jy jouself as ʼn sondaar of sien jy jouself as ʼn kind van God? Hierdie is ʼn baie belangrike vraag en die antwoord daarop is regtig van lewensbelang! Hierdie vraag bring ons by ons identiteit voor God. Wie is ek in die oë van God en hoe dink God oor my? En hierdie identiteit bepaal hoe ek as mens gaan lewe! Baie gelowiges dink nog aan hulleself as “sondaars” en leef daarom soos mense wat nog slawe van die sonde is! As ek aan myself dink as ʼn “sondaar”, dan gaan ek ook soos een in die sonde wil bly lewe! Dan bepaal hierdie identiteit - wat ek verkeerdelike aan myself toeken - ook my lewenswyse op ʼn verkeerde manier! En daarom moet ons vanmore ons identiteit in Christus baie mooi omskryf, ons moet presies verstaan wat dit beteken en vir onsself in die geloof toe-eien! Want dan kan ons ook leef soos God wil hê ons moet leef! Dan kan ons ons kinders reg leer oor wie hulle is en hoe hulle voor God moet lewe! In die lig hiervan sê die Here vanmore vir jou: Jy is nie ʼn sondaar nie, maar ʼn kind van God! Leef soos een! https://youtu.be/vWcnYVv3pfk
0 Comments
Leave a Reply. |
Argief
August 2023
KATEGORIE |