Flip Buys - Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.
Elke ware kind van God wat ook baie eerlik sy eie lewe in oënskou neem besef dat dit waaragtig van begin tot einde net genade is dat jy nog op die Here se pad is en op sy pad sal kan bly. Wanneer jy eerlik en opreg na jouself kyk, besef jy: Ek is so swak. Ek val self so maklik in sonde. Watter groter troos kan 'n mens dan hê as om te weet dat die almagtige God jou hand vashou, ongeag jou eie swakhede en gebreke, dat Hy jou so vashou dat selfs as jy afdwaal, Hy self jou weer terugtrtek en laat omdraai. Psalm 73 praat van die groot Bybelse waarheid van die genade van God wat met sy kinders volhard dwarsdeur alles heen tot die einde toe. Kom ons kyk na drie aspekte van hierdie genade soos dit uit Psalm 73 na vore kom: 1. Weerhoudende genade 2. Herstellende genade 3. Voltooiende genade https://youtu.be/AxFm4AFhlZI
0 Comments
Leave a Reply. |
Argief
December 2020
KATEGORIE |