Rikus Fick - Die uitnemendheid van Christus - die grond van ons volharding
Ons leef in 'n wêreld waar daar baie goed is wat ons geloof op die proef stel. Dit kan so fel wees dat ons in die geloof kan terugsak. Dit was die situasie onder die Joodse Christene aan wie die boek Hebreërs geskryf is. Om dit te verhoed, word twee opdragte gegee: "Hou vas!" en "Hou aan!". Hou vas aan die belydenis dat Jesus die Seun van God is. Hy is ons Hoëpriester by uitnemendheid - beter as Moses, beter as Josua en beter as Aaron. Na sy volmaakte offerwerk is Hy nou by sy Vader op die troon in die hemel. Hou aan om tot die troon in die hemel in die gebed te gaan. Doen dit met vrymoedigheid, sonder vrees, want deur die werk van Christus is die troon is 'n troon van genade, nie van oordeel nie. Daar kan jy deur Christus jou hart en al sy sorge en vrese voor God uitstort. Jesus, jou Verlosser, tree vir jou in. Sy Vader wat ook ons Vader is, luister graag na sy Seun. Sy Seun tree volmaak vir ons in omdat Hy ook mens op aarde was en weet waardeur ons moet gaan. Wie so aanhou (volhard) sal ook eendag in heerlikheid sonder trane op die wange saam met ons Hoëpriester op die troon sit (Opb 3:21). https://youtu.be/Yzm6CyVArd4
0 Comments
Leave a Reply. |
Argief
August 2023
KATEGORIE |