Paul Grobler - Jesus dink buite die boks
Is jy kreatief? Dink jy buite die boks? Dalk is jou antwoord ja, dalk nee, dalk wonder jy van watter boks ons praat. Waar van van God? Wanneer ons dink aan Jesus dink ons nie noodwendig aan die feit dat Hy kreatief is nie. Ja, God is skepper en daarom is hy skeppend of kreatief, maar as Jesus God vir ons sigbaar maak is Jesus mos ook kreatief. Sou mens sê Hy moet dan ook buite die boks dink. In die berg predikasie wys Jesus ons hoe Hy baie gemaklik is om buite die boks van tradisie, geskiedenis en ons begeertes te dink. Ons skep bokse en plaas Hom daarin, maar Hy dink en werk buite die boks wanneer hy sê: “ Maar Ek sê vir julle…” Mag Hy ons dan ook leer om buite ons mensgemaakte boksies te dink en te werk. http://youtu.be/UDaSSplyfg0
0 Comments
Leave a Reply. |
Argief
December 2020
KATEGORIE |