Dr Rassie Smit - Die opstanding van ons Here Jesus: die waarheid!
Opstandingsondag. Vandag juig ons oor die leë graf van ons Here Jesus daar buite Jerusalem! Maar het Jesus regtig opgestaan? Sê nou dis nie waar nie? As dit nie waar is nie, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense, sê Paulus. Want dan val alles waarop ons ons geloof bou, net so plat. Sonder die opstanding, die leë graf, het ons ‘n dooie Verlosser. Geen oorwinning oor die sonde en die bose en die dood nie. Net Iemand wat kom probeer het, maar nie reggekry het om ons te verlos nie. En dit help nie eintlik iets nie. Vir ons as gelowiges is dit nogal belangrik dat ons sekerheid hieroor sal hê. En nou is daar al meer mense in vandag se tyd wat probeer om die wêreld te oortuig dat Jesus se opstanding nie waar was nie. Ons hoor hulle oor die TV praat, ons sien dat hulle in die koerante, in tydskrifte en op die internet daaroor skryf. Met groot ommehaal van woorde word gesê dat die opstanding darem net te veel is om te glo. Daar is dan geen bewyse nie. Hoe kan die mens van die 21ste eeu iets glo as dit nie bewys kan word nie?... https://youtu.be/3jpRZP4mQC0
0 Comments
Leave a Reply. |
Argief
November 2022
KATEGORIE |