Dreyer Potgieter - En Daar Was Lig – Diè LIG!
Wanneer dit donker is skakel ons ‘n lig aan. Hoekom? Die duister boesem vrees in, mense is bang vir die donker.Ons kan sê dat lig vir ons drie dinge doen: dit verdryf vrees, dit skep sigbaarheid en dit gee hitte. Maar met fisiese donkerte kan ons almal op ‘n manier saamleef. Ons ken dit as ‘n natuurwet, die normale gang van dag en nag. As ons egter in geestelike donkerte leef is dit verskriklik. Dis verskriklik omdat dit sonder hoop, sonder lewe, ja, sonder God is. Dis ‘n koue donkerte, vol vrees, en sonder die warmte en hartlikheid van enige liefde. Daarom gaan ons in vanoggend se prediking daarop fokus dat Jesus Christus as Lig vir die wêreld in Betlehem mens geword het, om dit vir ewig lig in ons harte te maak. Preekpunte: God is Lig, is Lewe. Gemeenskap met die Lig kom deur Jesus Christus. Gemeenskap met die LIG is ‘n lewe in gehoorsaamheid https://youtu.be/dGAmnDqzNuY
0 Comments
Leave a Reply. |
Argief
January 2021
KATEGORIE |