Hardus Lee - God is en bepaal die volheid van ons lewe.
Oor so paar weke vier ons Kersfees.Wat is die eerste gedagte wat by u opkom wanneer u hierdie besef? Opgewondenheid? Blydskap? Vrees? Spanning? Hierdie feit bring by elkeen van on seen of ander emosie na vore. Dit is wel so dat baie preke oor Kersfees gaan oor die verkeerde viering van Kersfees. Ons het almal al soveel keer sulke preke gehoor. Ons weet van die kommersialisering van Kersfees, of die aandag wat meer gaan aan die tyd of ete saam met familie en vriende. En dit is alles waar. Maar wat beteken Kersfees vir gelowiges? Wat beteken dit vir ons dat Jesus Christus daardie dag in Bethlehem gebore is? Dit beteken vir ons die begin van die lewe. Die begin van die ware lewe. Dit is waarvan ons vanaand in Psalm 16 gelees het. Ons het gelees van die lewe van ‘n gelowige. Ons lees van ‘n pragtige deel wat vir ons afgemeet is, ‘n lewe van lof, van vreugde. So ‘n lewe wat moontlik is as gevolg van die geboorte van ons Verlosser en Saligmaker. Wanneer ons praat oor Kerstyd kan ons wel nie slegs stilstaan by die krip nie, ons moet verder kyk, na die kruis, en ook na die oop graf. https://youtu.be/2BcV2qMX-BE
0 Comments
Leave a Reply. |
Argief
February 2023
KATEGORIE |