Jacques Tredoux - Die regte "Endgame"
Die laaste paar jaar is daar ‘n ontploffing van Superheld-flieks in die film industrie. Die twee grootste en bekendste is seker Marval se Avengers: Endgame en DC se Justice League. In albei hierdie flieks kom ‘n klomp bekende Superhelde bymekaar om die wêreld te probeer red. Verlede jaar se Avengers: Endgame, is die fliek wat die meeste geld nog in die geskiedenis van die film industrie gemaak het. Dit is dus duidelik dat mense ‘n groot fiksasie met Superhelde het. Hoekom is dit so? Wat lê onderliggend aan hierdie behoefte om helde te hê? Wat sê dit vir ons as gelowiges en hoe ons ons kinders moet grootmaak in hierdie wêreld? Dit is waaroor ons saam gaan dink as ons met ‘n nuwe reeks oor die Christen se Wapenrusting begin... https://youtu.be/Tw2SDki9kNs
0 Comments
Leave a Reply. |
Argief
January 2021
KATEGORIE |