Petrus van Blerk - Die vuur moet aanhou brand
Die talle offers in die Ou Testament word alleen reg verstaan as ons God se bedoeling daarmee raaksien. Elke offer was ‘n gawe aan God uit dank vir alles wat van Hom ontvang is. Verder dien dit ook as uitdrukking van lof, ootmoed en berou. In Levitikus 6 word die betekenis van die brandoffer duidelik as dit die volk moes herinner dat: • Hulle voortdurend en aanhoudend tot God moet bid • Die vuur simbolies van God se teenwoordigheid, beskerming en bewaking is. • Dit ‘n teken van absolute toewyding aan God was (die hele dier is verbrand in teenstelling met ander soorte offers waar net seker dele op die altaar gebring is) • Hulle gesindheid teenoor die Here reg moet wees (uiterlik word dit bevestig deur die verskillende klere wat die priester moes aantrek) https://youtu.be/WJzcM1pputU
0 Comments
Leave a Reply. |
Argief
January 2021
KATEGORIE |